SA gesondheidsdepartement verwelkom uitspraak oor staking  

Die departement van gesondheid verwelkom die arbeids-appèlhof se uitspraak wat die vakbond Nehawu se staking met onmiddellike effek verbied. Die hof het ook beslis dat Nehawu se lede en alle noodsaaklike diens-werkers verbied word om voort te gaan met enige vorm van nywerheidsoptrede. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, glo hierdie uitspraak sal ‘n vorm van bestendigheid in die land se gesondheidsgeriewe meebring.