SA geloof oor Oekraïnse vredesgesprek-pogings

Die Switserse ambassadeur in Suid-Afrika, Mirko Manzoni, het Suid-Afrika se pogings geloof om vredesgesprekke tussen Rusland en Oekraïne te bevorder. Hy het aangekondig Switserland sal ‘n Oekraïne-vredesberaad aanbied wat daarop gemik is om samesprekings tussen die partye te begin, ondanks Rusland se afwesigheid. Manzoni sê dis uiters belangrik om Suid-Afrika se stem te hoor in die komende samesprekings.