SA gaan avokado’s na China uitvoer

Die Suid-Afrikaanse parlement se portefeuljekomitee oor landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het die ooreenkoms verwelkom wat Suid-Afrika en China oor die uitvoer van avokado’s onderteken het. Die Suid-Afrikaanse Avokado-kwekersvereniging beraam die uitvoer van avokado’s kan vanjaar 80 000 ton bereik, ‘n toename van 23 persent teenoor verlede jaar. Die voorsitter van die komitee,  Nkosi Mandela, sê met die opening van die Chinese mark, het Suid-Afrika die geleentheid om die aanplant van avokado’s uit te brei. Dit sal direk bydra tot werkskepping op plase en indirek deur bykomende geleenthede.