SA fokus op wettige oorgrens beweging van kinders oor Paasfees

Die buurland se maatskaplike ontwikkeling-departement sê hy werk in aanloop tot die Paasnaweek nou saam met die Grensbeheeragentskap om seker te maak van kinders se veilige beweging deur grensposte tussen Suid-Afrika, Zimbabwe en Botswana. Woordvoerder Lumka Oliphant sê amptenare sal Paasnaweek by die Beitbrug- en die Groblersbrug-grenspos teenwoordig wees om seker te maak kinders se inligting word volgens wet verwerk.