SA ervaar in ‘22 die meeste kuberaanvalle in Afrika
Die Suider-Afrikaanse Bedrogvoorkomings sê die rol wat tegnologie speel in bedrog en kullery word ‘n groot uitdaging, veral in Suid-Afrika. In 2022 het die land die meeste kuberaanvalle op die vasteland beleef. Daar word beraam in 2023 het die gemiddelde aantal weeklikse kuberaanvalle per organisasie in Afrika jaar-tot-jaar toegeneem met 23-persent, wat dit die hoogste gemiddeld ter wêreld maak. Roy Retief van die bedrogvoorkomingsdiens sê maatskappye moet hulle kubersekerheidsbeleidsprogramme en -protokolle laat oudit.