SA-entrepreneurs skep innoverende oplossing vir studente wat reis
Twee Suid-Afrikaanse entrepreneurs het ‘n besprekingstelsel in die toerismebedryf vir studente van stapel gestuur. Ndabenhle Ntsangase en Lwanda Shabalala sê die omvattende reisbestuursnetwerk het ten doel om die ervaring van studente wat tussen universiteite en hulle tuistes reis, te verbeter. Die twee studente van die Universiteit van Kaapstad sê Airstudent bied gerieflike en bekostigbare reispakette sonder om gehalte en diens in te boet. Shabalala sê Airstudent is ‘n manier om studente te help om duur reiskoste te vermy: