SA energiekenner skets donker prentjie vir winter

Die Suid-Afrikaanse energiekenner Chris Yelland sê dit lyk of Eskom se kragnetwerk eers in Desember bykomende kapasiteit sal bykry met die terugkeer en herkoppeling van 4 opwekkings-eenhede by die Kusile-kragstasie. Dit blyk dat fase 6-beurtkrag en selfs hoër vlakke van beurtkrag die voorland is vir Suid-Afrikaners dié komende winter. Eskom verbrand tans miljoene liters diesel per dag terwyl sy verouderde kragstasies tot in die rooi bestuur word, net om die land se ligte aan te hou. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, het meer…