Covid nie meer as wêreldwye gesondheidsnoodtoestand geag

Die Wêreldgesondheids-organisasie het aangekondig dat hy Covid-19 nie langer as wêreldwye gesondheids-noodtoestand bestempel nie. Die WGO se komitee oor noodtoestande het aanbeveel dat dié klassifikasie, wat langer as drie jaar reeds geld, opgehef word. Meer as 6,9 miljoen mense wêreldwyd is dood weens Covid-verwante oorsake. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Ghebreyesus, sê die einde van die noodtoestand beteken egter nie dat die virus nie meer ‘n internasionale gesondheids-bedreiging is nie. Hy sê die virus sal nie verdwyn nie.