SA en Rusland herdenk 30 jaar van diplomatieke bande

Rusland sê hy hoop vriendskaplike verhoudinge met Suid-Afrika sal steeds aktief ontwikkel. Vandag is die 30ste herdenking van die vestiging van diplomatieke bande tussen die lande. Op dié dag in 1992 is amptelike bande tussen die twee state gevorm. Die Russiese ministerie van buitelandse sake sê die land het Suid-Afrikaners se nasionale vryheidstryd aktief finansieel ondersteun en ook gehelp deur militêre personeel op te lei. Suid-Afrika het gister ‘n beroep gedoen vir onderhandeling en bemiddeling in die Oekraïense krisis.