SA ekonomie krimp effe in eerste kwartaal
Suid-Afrika se ekonomie het in die eerste kwartaal van 2024 marginaal ingekrimp met 0,1-persent. Dit volg op ‘n hersiene styging van 0,3-persent in die vierde kwartaal van 2023. Swakker vervaardiging, mynbou en boubedrywighede het baie van die afwaartse momentum aan die aanbodkant van die ekonomie aangevuur, terwyl ‘n afname waarneembaar is by alle onder-afdelings in die vraag-kant. Ses van die tien bedrywe aan die produksiekant van die ekonomie het swak vertoon in die eerste kwartaal, met vervaardiging die grootste negatiewe bydraer. Landbou was die grootste positiewe bydraer in die eerste kwartaal.