SA ekonomie groei 0,4% in tweede kwartaal

Die Suid-Afrikaanse ekonomie het in die tweede kwartaal met 0,4-persent gegroei, na geen groei in die eerste kwartaal nie. Die finansies-, eiendom- en sakedienstebedrywe het met 1,3-persent gegroei, gevolg deur die handel-, gasvryheids- en verblyf-sektore wat groei van 1,2-persent getoon het. Die vervaardigingsbedryf het met 1,1-persent verbeter, en die krag-, gas- en waterbedrywe met 3,1-persent. Dit was grootliks te danke aan ‘n styging in kragverskaffing en -verbruik, asook waterverbruik. Die vervoer-, bergings- en kommunikasiebedrywe asook landbou, bosbou en visserye het met meer as 2-persent gedaal.