SA ekonomie bekommer werkersvakbond Giwusa
Die algemene werkersvakbond Giwusa sê hy is bekommerd oor die stand van sake in Suid-Afrika, veral rondom die ekonomie. Koketso Phasha van Giwusa sê ‘n groot bron van kommer is die stygende koste van basiese goedere, soos uitgebeeld in ‘n onlangse verslag. Hy voeg by Suid-Afrikaners sien dalings wat eintlik net druppels in ‘n oseaan van stygende pryse is, en verdere pyn vir verbruikers voorspel.