SA eis Internasionale Geregshof moet Israel uit Rafah sit

Suid-Afrika het ‘n nuwe aansoek by die Internasionale Geregshof ingedien vir ‘n bevel teen Israel om sy offensief in Rafah in Gaza te stop. Hy sê die hof se huidige noodmaatreëls is nie meer voldoende nie, want die aanval op Rafah “is nie net ‘n eskalasie nie” maar dit hou ook uiterste gevaar in vir die lewering van voorrade en dienste, en ” vir die blote oorlewing van die Palestyne as ‘n groep”. Volgens Suid-Afrika is daar “bewyse van ontruimingsones wat as uitwissingsones” hanteer word en Israel is besig om ‘n “moordlyste” op te stel.