SA Christelike Forum vra noodtoestand oor spaza-kos

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum vra die regering om ‘n noodtoestand af te kondig en alle spaza-winkels tydelik te sluit om kinders te beskerm en lewens te red te midde van die krisis weens besmette voedsel. Hulle eis ‘n nuwe lisensiëringsproses om strenger beheer te verseker, veral vir ongedokumenteerde winkeleienaars. Die president van die forum, Marothi Mashashane, kritiseer die regering se gebrek aan proaktiewe maatreëls en sê hulle reageer gewoonlik eers nadat tragedies plaasgevind het: