SA bring hulde aan vroueAugust 9, 2023
President Cyril Ramaphosa is die hoofspreker by die Uniegebou in Pretoria vir die Nasionale Vrouedag-vieringe in Suid-Afrika. Vroeër van het die Speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Amos Masondo, ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om saam te staan in die stryd teen geslagsgeweld. Die voorsittende beamptes van die parlement sê hoewel daar sukses behaal is met betrekking tot vroueregte in die land, bly geslagsgeweld ‘n reuse-uitdaging. Ramaphosa hulde gebring aan dapper vroue soos aktivis Sophie de Bruyn.