SA brandstofprysstyging verkeerd bereken

Intussen het die Suid-Afrikaanse departement van minerale bronne en energie erken die styging in die petrolprys wat dié week aangekondig is, was verkeerd. Die petrolprys het wel vandag gestyg, maar dit was met 75 sent per liter in plaas van 81 sent. Die departement sê in ‘n verklaring die ses sent verskil is weens die aanpassing van petroljoggies se lone wat in September ingestel is. Ten spyte van die regstelling, gaan die jongste prysstyging steeds die prys van petrol tot meer as 20 rand in Gauteng en ander provinsies opstoot.