SA bevolking moedeloos, ontevrede: opname

Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing se Suid-Afrikaanse Maatskaplike Houdings-opname het ‘n gevoel van moedeloosheid onder die bevolking onthul rakende die land se 30-jarige demokrasie. Die verslag beklemtoon kommerwekkende tendense, insluitend ‘n afname in algemene lewensbevrediging, pessimistiese sienings oor die toekoms, en ‘n groeiende gevoel van hopeloosheid en moedeloosheid. Volgens Narnia Bohler van die raad dui die navorsing daarop dat byna 65-persent van die bevolking ontevrede is met die huidige stand van sake in die land.