SA bevestig tweede a-pokke geval

Suid-Afrika het die tweede laboratoriumbevestigde geval van a-pokke aangeteken. Die aansteeklike siekte word deur die a-pokvirus veroorsaak en kan lei tot ‘n pynlike of jeukerige uitslag met puisies of blasies. Die woordvoerder van die Gesondheidsdepartement, Foster Mohale, sê die nuwe pasiënt is ‘n 39-jarige man wat in die Addington-hospitaal in Durban, KwaZulu-Natal, opgeneem is. Hy sê hy het nie gereis na lande en streke wat tans ‘n uitbreking van die siekte beleef nie.