SA bevestig 46 cholera-gevalle

Die buurland se minister van gesondheid, Joe Phaahla, sê 46 vermeende cholera-gevalle en vyf laboratorium-bevestigde gevalle is tussen die eerste Januarie en die eerste van hierdie maand aangeteken. Drie van hierdie gevalle is ingevoer vanaf die buurland, Zimbabwe, wat tans worstel met die uitbreking van hierdie diarree-tipe siekte. Volgens Phaahla dui twee gevalle, ‘n 11-jarige en ‘n 13-jarige van Limpopo sonder enige reisgeskiedenis, op ‘n plaaslike oordragrisiko. Hy doen ‘n beroep op die publiek om versigtig te wees en higiënepraktyke te handhaaf: