SA beurtkrag bly steeds opgehef

Eskom sê beurtkrag bly tot verdere kennisgewing opgeskort danksy voortgesette verbetering in die betroubaarheid en stabiliteit van sy vloot steenkoolkragstasies. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê beurtkrag is nou vir 80 dae ononderbroke opgehef. Eskom se opwekkingsprestasie se beter as wat vir die winter voorspel is en die huidige onbeplande onderbrekings is gemiddeld 12-duisend megawatt.