SA bestee R330 miljard in 10 jaar op SOE’s  

Die Nasionale Tesourie in die buurland het onthul die regering het die laaste dekade meer as 330 miljard Suid-Afrikaanse rand gebruik om ondernemings in staatsbesit te red. Eskom het sedert 2013 die grootste bedrag van meer as 180 miljard rand ontvang. Die adjunk-direkteur-generaal, Duncan Pieterse, sê hierdie instellings het gesukkel omdat hulle rade swak was en hulle nagelaat het om hulle oorsig-rol behoorlik uit te voer. Hy het aan die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge, Skoor, gesê verskeie staatsinstellings, soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens, die SABC en die Poskantoor, se prestasies het begin taan en hulle het ʼn finansiële las geword.