SA behoort daling in brandstof te sien

Die AA in Suid-Afrika voorspel ‘n aansienlike daling in brandstofpryse in Junie. Ongeouditeerde middel-maand data van die Sentrale Energiefonds dui daarop dat 95-oktaan petrol moontlik met sowat 61 sent per liter sal daal, en 93-oktaan petrol met sowat 63 sent. Diesel sal na verwagting met sowat 74 sent per liter daal en die prys van paraffien met 69-sent. Die AA sê die vernaamste dryfveer vir die dalings is ‘n sterker Suid-Afrikaanse rand en laer internasionale oliepryse.