SA begin stem in ‘belangrikste verkiesing sedert 1994’
Miljoene Suid-Afrikaners sal vandag gaan stem in die land se belangrikste verkiesing sedert 1994. Dit volg na twee dae van spesiale stemme. Elke kiesers sal drie stembriewe ontvang – ‘n bloue vir die Nasionale Vergadering, ‘n oranje stembrief vir die provinsie na die Nasionale Vergadering en ‘n pienk een vir die Provinsiale Wetgewer. Verslaggewer Andries Cornelissen het meer besonderhede oor die 27,7-miljoen geregistreerde kiesers.