SA begin met landwye veldtog om slaggate te takel

Die departement van vervoer in die buurland het met ʼn landwye veldtog begin om slaggate en padinfrastruktuur onder die loep te neem. Suid-Afrikaanse paaie gaan agteruit weens swak bouwerk en word vererger deur stortreën en oorstromings. Volgens die woordvoerder van die departement, Collen Msibi, het die presidensiële koördineringsraad die veldtog genoodsaak deur aan padinfrastruktuur voorkeur te gee. Hy sê munisipaliteite moet verantwoordbaar gehou word omdat hulle fondse wat vir padinfrastruktuur geoormerk is nie na behore aanwend nie.