SA: 24 wapens beland daagliks in die swartmark

Gun Free South Africa sê wapenverwante misdaad moet ‘n prioriteit vir enige politieke party wees as hulle ernstig is om die land veiliger vir almal te maak. Sowat 24 wettige wapens beland elke dag in die onwettige mark. Die direkteur van Gun Free SA, Adéle Kirsten, sê hoewel byna al die grootste politieke partye geweldsmisdaad as ‘n sleutelprioriteit in hulle verkiesingsmanifeste vermeld, noem die meeste glad nie wapenbeheer nie: