Ryp in Limpopo, dalende aartappel-produsente bring prys-uitdagings

Aartappels is duur en dit wil voorkom asof daar nie binnekort enige verligting vir Suid-Afrikaanse of Namibiese verbruikers sal wees nis. Daar was erge koue in Limpopo wat oeste kan raak en die prys teen September verder kan verhoog. Willie Jacobs, uitvoerende bestuurder van Aartappels Suid-Afrika gesels hieroor en die daling in produsente, in aanloop tot hulle kongres op 16 en 17 Julie in Kaapstad.