Rykstes moet net 2% gee, dan is hongersnood bekamp

Die direkteur van die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram, David Beasley, sê die wêreld se rykste mans, insluitend die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk, kan help om wêreldhongersnood te bekamp indien hul slegs 2 persent van hul netto waarde bydra. Musk se netto waarde is meer as 4 miljard Namibiese dollar. Beasley sê 90 miljard Namibiese dollar kan die lewens red van 42 miljoen mense wat sal sterf indien hulle nie hulp ontvang nie. Volgens Beasley het toestande soos klimaatsverandering en die Covid-pandemie ‘n perfekte storm van hongersnood geskep.