Ruvoer-voorrade onder erge druk, raak kostes

Die uitdagings met ruvoer-invoere veroorsaak dat Namibië afhanklik is van beperkte, duurder binnelandse voorrade. Terselfdertyd heers kommer oor die volhoubaarheid van binnelandse produksie. Ten spyte van die reën lyk dit nie asof die situasie enige tyd gaan verbeter nie – nie vir ruvoer of weiding nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die kommersiële bestuurder van Voermeester, Jaco Labuschagne…