Ruud vat Barcelona Ope

Die derde gekeurde Noorweegse speler, Casper Ruud het die Barcelona Ope gewen – sy elfde en grootste loopbaantitel. Die 25-jarige het die vyfde gekeurde Stefanos Tsitsipas van Griekeland met 7-5, 6-3 geklop. Die oorwinning het ook die Noorweër se nederlaag teen Tsitsipas in verlede week se Monte Carlo Ope-eindstryd gewreek. Ruud sê hy is bly om sy eerste titel van die jaar te verower: