Rutte, VSA sê oor Noord-Koeraanse troepe in Rusland
Die sekretaris-generaal van Navo, Mark Rutte sê die feit dat Rusland troepe uit Noord-Korea moet laat kom vir sy oorlog in die Oekraïne, toon die kwesbaarheid van president Vladimir Putin.
Intussen sê die VSA dat alle beperkings op die Oekraïne se gebruik van sy wapens gelig sal word indien Noord-Koreaanse troepe gevegte betree. Op die oomblik word daar beaam dat ongeveer 10 000 troepe opgelei word in Kursk, Rusland.