Ruto onttrek omstrede belastingwet

Die Keniaanse president, William Ruto, het ‘n omstrede finansiële wetsontwerp wat wetgewers aanvaar het, teruggetrek. Dit volg ná tientalle sterftes weens die Seven Days of Rage-betogings. Ruto het tydens ‘n televisietoespraak gesê die wetsontwerp sal na verwagting verskeie sektore, insluitend gesondheid en onderwys, bystaan deur 48 miljard Namibiese dollar in te samel. Die president het begrotingsbesnoeiings en besparingsmaatreëls vir die parlement, die regbank en provinsiale regerings voorgestel om fiskale verantwoordelikheid te verseker: