Ruto dank sy hele kabinet af

President William Ruto van Kenia het bykans sy hele kabinet afgedank, met net die adjunkpresident en eerste kabinetsekretaris steeds in hul poste. Hy het ook die prokureur-generaal afgedank. Die president is onder druk nadat pogings om ‘n omstrede belastingwetsontwerp deur te druk, verlede maand gewelddadige betogings regoor die land ontketen het. Minstens 39 mense is dood in gevegte met die polisie. Ruto het belowe om ‘n nuwe regering te vorm wat klein en doeltreffend sal wees: