Rust wapenhanteerder skuldig, Baldwin is volgende

Die Rust-fliek se wapenhanteerder, Hannah Gutierrez Reed, is skuldig bevind aan onwillekeurige manslag wat tronkstraf van drie jaar kan beteken. Die rolprent-kamerapersoon, Halyna Hutchins, is in Oktober 2021 op die filmstel in Nieu-Mexiko dood nadat ʼn skerppunt-koeël uit ʼn vuurwapen wat die akteur Alec Baldwin vasgehou het, haar getref het. Gutierrez Reed, wat verantwoordelik was vir die veiligheid en berging van vuurwapens op die rolprentstel, is vrygespreek van ʼn aparte aanklag dat sy met bewyse gepeuter het. Baldwin staar ook ʼn aanklag van manslag in die gesig.