Rust se wapenhanteerder binnekort in die hof

Die verhoor van die rolprent-wapenhanteerder Hannah Gutierrez gaan binnekort begin na die dood van die kinematograaf Halyna Hutchings op die stel van die Western-fliek Rust in Nieu-Meksiko in Oktober 2021. Sy is dood nadat Alec Baldwin haar tydens ‘n repetisie geskiet het, en die akteur en vervaardiger sal later afsonderlik verhoor word. Gutierrez het reeds onskuldig gepleit aan onopsetlike manslag en peutering met bewyse, en die verhoor sal voortgaan wanneer die jurie aangewys is. Aanklaers sê sy het onwetend skerppunt ammunisie op stel gebring tydens ‘n reeks nalatige optredes.