Rust-rolprent beboet vir skietvoorval

‘n Verslag oor die noodlottige voorval waarin die rolprentfotograaf, Halyna Hutchins, op die stel van die fliek, Rust, doodgeskiet is, het bevind die produksiemaatskappy het geweet veiligheidsprosedures vir vuurwapens word nie gevolg nie. Hutchins is in Oktober verlede jaar dood toe die Amerikaanse akteur, Alec Baldwin, ‘n wapen afgevuur het nadat hy verseker is dis veilig. Nieu-Mexiko se buro vir beroepsgesondheid en -veiligheid het Rust Movie Productions met 2,1 mijoen Namibiese dollar beboet en sê die maatskappy was onverskillig oor werknemers se veiligheid.