Russiese vrywilligers sluit aan om teen Oekraïne te veg na Moskou-aanval

Rusland se weermag sê daar is ‘n toename in mense wat aansluit om in Oekraïne te veg sedert verlede maand se dodelike terreuraanval op ‘n konsertsaal in Moskou. Die Islamitiese Staat-groep het verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval waarin meer as 140 mense dood is. President Vladimir Putin hou van toe af vol, sonder om bewyse te gee, Oekraïne het ‘n rol gespeel in die aanval. Die ministerie van Verdediging sê meer as 100 000 mense het tot dusver in 2024 vrywillig aangesluit, wat 16 000 insluit in die tien dae na die aanval.