Russiese rentekoers bereik 21 jaar hoogtepunt, op 21%

Rusland se sentrale bank het rentekoerse tot 21-persent verhoog, wat beteken lenings-koste het tot die hoogste vlak in meer as twee dekades gestyg nadat Moskou se Oekraïne-offensief vinnige prysstygings tuis veroorsaak het. Die verhoging het koerse na hul hoogste vlak sedert 2003 gedryf. Die Kremlin gaan volgende jaar weer militêre besteding verhoog, ten spyte van die hoë inflasie en hoop in die Weste dat sanksies die Russiese ekonomie sal knou. Ontleders sê Moskou het genoeg geld om vir die afsienbare toekoms aan te hou veg in Oekraïne.