Russiese oliegarg vies oor Britse sanksies

‘n Russies-gebore olie-miljardêr het die Britse regering van onderdrukkende behandeling beskuldig. Eugene Shvidler het ‘n regsaak aanhangig gemaak teen die regering se besluit om sy bates te vries nadat Rusland Oekraïne ingeval het. Dit sluit twee privaat stralers ter waarde van sowat een miljard Namibiese dollar rand in. Sanksies is teen die 59-jarige Rus ingestel weens sy bande met die gewese Chelsea-eienaar, Roman Abramovich, en ‘n mynmaatskappy wat in Rusland bedryf word. Shvidler het aan die hof gesê hy het baie swaar gekry sedert die sanksies in Maart verlede jaar ingestel is en dat hy geen bande met President Vladimir Putin het nie.