Russiese-Oekraïnse konflik bring nie net politieke uitdagings

Politieke uitdagings staar die Olimpiese Spele in die gesig met die Russiese-Oekraïnse konflik. Oekraïne is gekant teen die Internasionale Olimpiese Komitee wat aanbeveel dat Russiese en Belarussiese atlete geleidelik by internasionale kompetisies toegelaat kan word waar hulle neutraal deelneem. Daar is nog nie finaal besluit oor hul deelname aan die Olimpiese Spele in Parys in 2024 nie. Oekraïne sê sy atlete gaan nie toegelaat word om aan kwalifiserende geleenthede vir die Spele deel te neem indien hulle dit teen Russe moet doen nie. Volgens die Oekraïnse sportministerie het die Russiese oorlog reeds die lewens van minstens 262 van hul atlete geëis.