Russiese missiel-aanval ruk Cherniviv

Minstens sewe mense, onder meer ‘n ses-jarige meisie, is dood en nog 117 is beseer in ‘n Russiese missielaanval op die Oekraïense stad Chernihiv. Die stad se hoofplein, ‘n universiteitsgebou en die nasionale teater is onder meer beskadig toe ‘n missiel die middestad getref het. Die Oekraïense President, Volodimyr Zelensky, wat in Swede is vir samesprekings met die eerste minister, Ulf Kristersson, het die aanval veroordeel. Die Verenigde Nasies het die aanval op burgerlikes in beboude gebiede as gruwelik beskryf.