Russiese demokrasie is deursigtig – Putin
President Vladimir Putin sê Rusland se demokrasie is meer deursigtig as baie in die Weste. Sy reaksie kom te midde van vroeë verkiesingsuitslae wat daarop dui dat hy in die presidentsverkiesing byna 88-persent van die stemme op hom verenig het, in ‘n verkiesing waarin geen geloofwaardige opposisiekandidaat toegelaat is om te staan nie. Die uitslag beteken dat Putin sal regeer tot ten minste 2030, wanneer hy 77 sal wees. Hy sê die verkiesings het nasionale eenheid gevestig, en daar lê baie take vir Rusland voor, te midde van die voortgesette stryd teen die Weste.