Russiese beeldhouer van terrorisme aangekla

Ondersoekers het die 26-jarige vrou wat beskuldig word dat sy die pro-oorlog Russiese blogskrywer, Vladlen Tatarsky, doodgemaak het, van terrorisme aangekla. Hy is Sondag in ‘n ontploffing in ‘n kafee in St. Petersburg dood waar hy ‘n gas was van ‘n groep ten gunste van die oorlog. Meer as 30 mense is beseer. Darya Trepova erken in ‘n video sy het ‘n standbeeldjie na die kafee gebring wat later ontplof het. Die ondersoekkomitee sê sy is aangekla van die uitvoering van ‘n terrorismedaad deur ‘n georganiseerde groep, wat doelbewus ‘n persoon se dood veroorsaak het.