Russe wen veld in die Oekraïne

Oekraïne se adjunkminister van verdediging, Hanna Maliar, sê Russiese magte het effens veld gewen naby die oostelike stad, Svatove. Volgens berigte is die stad naby Russiese toevoerroetes, so indien Svatove weer ingeneem word, sal dit belangrike strategiese gevolge vir Oekraïne inhou. Maliar sê alhoewel Oekraïnse soldate vorentoe beweeg langs die suidelike flank in die Bakhmut-area en gedeeltelik sukses behaal, het Moskou twee lugaanvalregimente na die noordelike flank gestuur en gevegte duur voort.