Russe sal nie hommeltuig vind nie

Rusland sê hy gaan die wrak herwin van ‘n Amerikaanse hommeltuig wat Dinsdag in die Swartsee geval het nadat dit deur Moskou se vegvliegtuie onderskep is. Amerika sê hy het die hommeltuig afgebring omdat dit nie meer kon vlieg nie, nadat ‘n Russiese vliegtuig die skroef beskadig het. Moskou ontken egter die bewerings. Die sekretaris van die Russiese veiligheidsraad, Nikolai Patrushev, sê die hommeltuig se teenwoordigheid in die Swartsee is bevestiging dat Amerika regstreeks betrokke is by die oorlog in Oekraïne. Maar, Nick Price, woordvoerder van die Amerikaanse staatsdepartement sê nie net sal die wrak in baie stukke wees nie, daar is ander uitdagings…