Russe laat vaar hofaansoek vir waterpermit

Uranium One sê hy het sy hofaansoek vir ‘n waterpermit teruggetrek. Die Russiese uraanreus wou die landbouministerie dwing om ‘n waterpermit uit te reik maar sê nou in ‘n verklaring die nuwe Waterwet wat in Augustus 2023 in werking getree het wesenlike veranderinge aan die voorheen ontluikende regslandskap aangebring en as sodanig het die maatskappy besluit om die saak terug te trek as ‘n illustrasie van sy voorneme om die wette van die land streng na te kom. Uranium One is vol vertroue dat die Leonardville-projek groot voordele vir die land sal inhou en dat die hele proses van eksplorasie, toetsmynbou en uiteindelike ontginning van die uraan, absoluut veilig sal wees, met die minimum negatiewe ekologiese impak.