Russe dood blykbaar 250 Oekraïnse soldate

Rusland se ministerie van verdediging beweer hy het 250 Oekraïnse soldate doodgemaak nadat Kiëf ‘n aanval in die Donetsk-streek uitgevoer het. Dit is egter nie deur ‘n onafhanklike bron bevestig nie. Die ministerie sê Oekraïne het die aanval met ses gemeganiseerde en twee tenk-bataljons uitgevoer. Hy voeg by die vyand het nie sy doel bereik en geen sukses behaal nie. Daar word berig Oekraïne beplan reeds maande lank ‘n teenaanval, maar wou so veel as moontlik tyd hê om soldate op te lei en militêre toerusting van Westerse bondgenote te kry.