Russe aangemoedig om skadee aan Weste te rig

Dmitri Medvedev, adjunkvoorsitter van Rusland se Veiligheidsraad, vra dat Russe moet mobiliseer om “maksimum skade” aan Westerse samelewings en infrastruktuur aan te rig, as terugbetaling vir toenemend strenger sanksies wat deur Amerika en sy bondgenote teen Moskou ingestel is. Hy het gepraat van die nodigheid om kritieke kwesbaarhede in Westerse ekonomieë te vind, om energie, nywerheid, vervoer, bankwese en maatskaplike dienste te teiken, en om sosiale spanning aan te wakker. Westerse amptenare het reeds gepraat oor vermoedelike Russiese sabotasie-aktiwiteite regoor die Weste, insluitend brandstigting, maar die Kremlin het die bewerings as vals verwerp.