Rusland weer versoek om graan-ooreenkoms te hernu
Die vise-president van die Europese Kommissie, Waldis Dombrovskis, het ‘n beroep op Rusland gedoen om die graan-ooreenkoms te hernu sodat graan van Oekraïne veilig uit die Swartsee-hawens uitgevoer kan word. Dit volg nadat Rusland hom vroeër die maand aan die ooreenkoms onttrek het. Dombrovskis sê Rusland se beperkings op die verskeping van die graan deur die Swartsee skep baie probleme, nie net vir Oekraïne as een van die grootste graan-uitvoerlande in die wêreld nie, maar vir talle ontwikkelende lande.