Rusland vra sy burgers om Sirië te ontruim
Die Russiese ambassade in Sirië het Russiese burgers gevra om die land te verlaat weens die moeilike militêre en politieke situasie. Hulle word aangeraai om passasiersvlugte te haal op bestaande lughawens. Moskou, wat ‘n sleutel-ondersteuner van die Siriese regering is, het president Bashar al-Assad se regime help versterk. Russiese aanvalle het verlede week die rebelle-beheerde noordwestelike stad Idlib geteiken om rebellemagte te probeer afweer. Oekraïnse intelligensie het vroeër gesê die Russiese president, Vladimir Putin, beplan om huursoldate van privaat militêre maatskappye te stuur om al-Assad te help.