Rusland vra blykbaar Noord-Korea vir wapens

Die Amerikaanse departement van verdediging sê hy het inligting bekom wat bewys dat Rusland uitgereik het na Noord-Korea vir die voorsiening van ammunisie en wapentuig. Daar word berig dat Rusland reeds op ou Sowjet-voorraad staatmaak om sy oorlog in die Oekraïne voort te sit. Brigadier-generaal Pat Ryder, perssekretaris van die Pentagon, het met die media gepraat.